INTRODUCTION TO CONSTITUTIONAL LAW AND STATUTORY
INTERPRETATION 178
TUTORIAL 5
Date and time of submission: Thursday 13 August before 23:59
Maximum length: 2.5 pages (Times New Roman, 12pt, 1.5 spacing,
justified)
Instructions for completing the tutorial
The purpose of this tutorial is to enable you to find, use and interpret a
particular piece of legislation, and to discuss and apply certain principles that
you have learnt in the module.
Apart from interpreting the legislation in question, you must also draw on the
knowledge that you gained under Themes 1 and 2.
Properly substantiate your answers, with reference to the relevant provisions
in the Act and other relevant sources. Add footnotes where relevant and
include a bibliography.
Instructions for submitting the tutorial
The portal for submission of the tutorial will open on Monday 10 August at
9:00 and close on Thursday 13 August at 23:59. No late submissions will
be accepted.
Read the plagiarism declaration and click that you accept its contents before
you submit your tutorial.
QUESTION 1 [24 marks]
This question is based on the Refugees Act 130 of 1998 (“the Act”).
Where to find the legislation
To find the most recent version of the Act, follow these instructions:
Go to the library website at [Link]
Click on “Databases A-Z list”
Go to “J” and click on “Jutastat – Law Databases”
Go to “Table of Statutes and Index” and use either the chronological or
alphabetical table of statutes to find the Refugees Act 130 of 1998
Please answer the following questions based on the Act:
a) What is the long title of the Act? Where did you find it? What purpose does it
serve?
(2)
1
b) What is the short title? Where did you find it?
(1)
c) Why does the Act contain a preamble? Could the preamble play a role in the
interpretation of the Act?
(2)
d) Section 3 of the Act determines who qualifies for refugee status. What are the
requirements in terms of section 3(a) to qualify as a refugee?
(3)
e) Suppose three Ugandan citizens who have entered the Republic of South Africa
apply for refugee status. The first applicant avers that he has a well-founded fear
of being persecuted in his home country based on his sexual orientation since he
is gay. The second and third applicants aver that they have a well-founded fear of
being persecuted in their home country based on their gender since they are
transgender. They have been advised that they do not qualify for refugee status
since section 3 does not refer to persecution on the grounds of sex and sexual
orientation. Is that correct? (Hint: in looking for the answer, also consult some of
the other sections in the Act.)
(3)
f) One of the stated aims of the Act is to give effect to international human rights
and refugee conventions. The Act also states expressly that it must be
interpreted in view of those conventions. Do you think the Act also aims to give
effect to constitutional rights and values? If yes, which provisions of the Act
support that reading? Should the Act be interpreted to give effect to constitutional
rights and values?
(3)
g) When did the Act commence (i.e., when did it enter into force)? Who decided on
that date?
(2)
h) Some of the provisions indicate that they commenced later. For example, under
section 1A it is stated that the section came into effect on 1 January 2020. Why is
that the case?
(1)
i) What happened to section 6 of the Act?
(1)
j) Are the following statements true or false? Give reasons for your answers.
aa)The Minister may make regulations about any matter relating to refugees and
asylum-seekers.
2
bb)The Minister may amend certain sections in the Refugees Act by way of
regulation.
cc) If the Act is repealed by Parliament or invalidated by a court, the regulations
adopted in terms of the Act continue to be in force.
(6)
QUESTION 2 [8 marks]
You are a clerk to a judge of the High Court. The Court currently hears a case
concerning the eviction of occupiers from the land on which they live. The parties to
the case have relied on several laws, including the Constitution of the Republic of
South Africa, 1996; the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation
of Land Act 19 of 1998 (“PIE”); and the common law. The judge asks you to advise
her on the question of which of these sources of law she should apply to the case.
Write a note in which you advise her on this question, with reference to the doctrine
of subsidiarity. Remember to refer to and discuss case law.
3
INLEIDING TOT STAATSREG EN UITLEG VAN WETSTEKSTE 178
TUTORIAAL 5
Datum en tyd van indiening: Donderdag 13 Augustus voor 23:59
Maksimum lengte: 2.5 bladsye (Times New Roman, 12pt, 1.5
spasiëring, justified)
Instruksies vir die voltooiing van die tutoriaal
Die doel van hierdie tutoriaal is om jou in staat te stel om 'n bepaalde stuk
wetgewing te vind, te gebruik en te interpreteer, en om sekere beginsels wat
jy tot dusver in die module geleer het, te bespreek en toe te pas.
Behalwe om die betrokke wetgewing te interpreteer, moet jy ook die kennis
wat jy onder Temas 1 en 2 verwerf het, gebruik.
Motiveer jou antwoorde behoorlik, met verwysing na die relevante bepalings
in die Wet en ander relevante bronne. Voeg voetnote by waar toepaslik en
sluit ʼn bibliografie in.
Instruksies vir die indiening van die tutoriaal
Die portaal vir indiening van die tutoriaal sal op Maandag 10 Augustus om
9:00 oopmaak en op Donderdag 13 Augustus om 23:59 sluit. Geen laat
voorleggings sal aanvaar word nie.
Lees die plagiaatverklaring en klik dat jy die inhoud daarvan aanvaar voordat
jy jou tutoriaal indien.
VRAAG 1 [24 punte]
Hierdie vraag is gebaseer op die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (“die Wet”).
Waar om die wetgewing te vind
Om die mees onlangse weergawe van die Wet te vind, volg hierdie instruksies:
Gaan na die biblioteekwebwerf by
[Link]
Klik op “Databasisse A-Z lys”
Gaan na “J” en klik op “Jutastat – Law Databases”
Gaan na “Table of Statutes and Index” en gebruik óf die chronologiese óf
alfabetiese tabel om die Refugees Act 130 of 1998 te vind
Beantwoord die volgende vrae gebaseer op die Wet:
a) Wat is die lang titel van die Wet? Waar het jy dit gekry? Watter doel dien dit?
(2)
b) Wat is die kort titel? Waar het jy dit gekry?
4
(1)
c) Waarom bevat die Wet ʼn aanhef? Kan die aanhef ʼn rol speel in die interpretasie
van die Wet?
(2)
d) Artikel 3 van die Wet bepaal wie vir vlugtelingstatus kwalifiseer. Wat is die
vereistes ingevolge artikel 3(a) om as ʼn vlugteling te kwalifiseer?
(3)
e) Gestel drie Ugandese burgers wat die Republiek van Suid-Afrika binnegekom
het, doen aansoek om vlugtelingstatus. Die eerste applikant beweer dat hy 'n
gegronde vrees het om in sy land van herkoms vervolg te word op grond van sy
seksuele oriëntasie aangesien hy gay is. Die tweede en derde aansoekers
beweer dat hulle 'n gegronde vrees het om in hul land van herkoms vervolg te
word op grond van hul geslag aangesien hulle transgender is. Hulle is ingelig dat
hulle nie vir vlugtelingstatus kwalifiseer nie aangesien artikel 3 nie na vervolging
op grond van geslag en seksuele oriëntasie verwys nie. Is dit korrek? (Wenk:
raadpleeg ook sommige van die ander artikels in die Wet.)
(3)
f) Een van die gestelde oogmerke van die Wet is om uitvoering te gee aan
internasionale menseregte- en vlugtelingkonvensies. Die Wet bepaal ook
uitdruklik dat dit in die lig van daardie konvensies geïnterpreteer moet word. Dink
jy die Wet het ook ten doel om uitvoering te gee aan grondwetlike regte en
waardes? Indien wel, watter bepalings van die Wet ondersteun daardie
interpretasie? Moet die Wet geïnterpreteer word om uitvoering te gee aan
grondwetlike regte en waardes?
(3)
g) Wanneer het die Wet in werking getree? Wie het op daardie datum besluit?
(2)
h) Sommige van die bepalings dui daarop dat dit later in werking getree het.
Byvoorbeeld, onder artikel 1A word vermeld dat die artikel op 1 Januarie 2020 in
werking getree het. Hoekom is dit?
(1)
i) Wat het met artikel 6 van die Wet gebeur?
(1)
j) Is die volgende stellings waar of onwaar? Gee redes vir jou antwoorde.
aa) Die Minister kan regulasies maak oor enige aangeleentheid wat met
vlugtelinge en asielsoekers verband hou.
bb) Die Minister kan by wyse van regulasie sekere artikels in die Wet op
Vlugtelinge wysig.
cc) Indien die Wet deur die Parlement herroep of deur ʼn hof ongeldig verklaar
word, bly die regulasies wat ingevolge die Wet aangeneem is van krag.
(6)
5
VRAAG 2 [8 punte]
Jy is ’n klerk vir ’n regter van die Hoë Hof. Die Hof hoor tans ʼn saak aan wat handel
oor die uitsetting van okkupeerders van die grond waarop hulle woon. Die partye tot
die saak het op ʼn aantal regsbronne staatgemaak, insluitende die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Wet op die Voorkoming van Onwettige
Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 (“PIE”); en die
gemenereg. Die regter vra jou om haar te adviseer oor die vraag watter van hierdie
regsbronne sy op die saak moet toepas. Skryf ʼn nota waarin jy haar ten opsigte van
hierdie vraag adviseer, met verwysing na die leerstuk van subsidiariteit. Onthou om
na regspraak te verwys en dit te bespreek.